Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 98

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Sing vir die Here 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Sy regterhand, sy •heilige arm, het Hom bygestaan.
2 Die Here het sy verlossing bekend gemaak; voor die van die nasies het Hy sy •geregtigheid geopenbaar.
3 Hy het sy troue liefde, sy getrouheid teenoor die huis van Israel, onthou. Al die uithoeke van die aarde het die verlossing deur ons God gesien.
4 Juig tot eer van die Here, o ganse aarde; wees vrolik, jubel en besing Hom,
5 besing die Here met begeleiding van liere, op die lier saam met die klank van sang,
6 op trompette saam met die klank van •ramshorings. Juig voor die Koning, die Here.
7 Laat die see en alles daarin dit uitbasuin, die aarde en dié wat daarop woon.
8 Laat die riviere hande klap en saam met die berge jubel
9 voor die Here; want Hy kom om die wêreld te oordeel, Hy sal die aarde oordeel in geregtigheid en die volke in billikheid.