Psalms 97AFR20

1Die Here regeer, laat die aarde juig; laat al die afgeleë eilande bly wees.

2Wolke en diepe duisternis omring Hom, reg en •geregtigheid is die grondslag van sy troon.

3Vuur gaan voor Hom uit en rondom Hom verbrand dit sy teenstanders.

4Sy weerligstrale verlig die aarde, die wêreld sien dit en sidder.

5Berge smelt soos was voor die Here, voor die Heer van die hele wêreld.

6Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy majesteit.

7Almal wat gesnede beelde dien, wat spog met nikswerd afgode, staan beskaamd. Buig in aanbidding voor Hom, alle gode!

8Sion hoor dit en is bly, die dogters van Juda juig oor u oordele, Here.

9Want U, Here, is die heel hoogste bo die hele aarde; U is ver verhewe bo alle gode.

10Julle wat die Here liefhet, moet die kwaad haat. Hy beskerm die lewe van sy troue volgelinge; uit die hand van goddeloses red Hy hulle.

11Lig is gesaai vir die regverdiges, vreugde vir hulle met opregte harte.

12Verbly julle in die Here, regverdiges, en prys sy •heilige, gevierde Naam.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 97.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.