Psalms 96AFR20

1Sing vir die Here 'n nuwe lied, sing vir die Here, o ganse aarde!

2Sing vir die Here, prys sy Naam, verkondig sy verlossing van dag tot dag.

3Maak onder die nasies sy majesteit bekend, onder al die volke sy wonderdade.

4Want groot is die Here en besonder lofwaardig; Hy is ontsagwekkend, meer as alle gode.

5Ja, al die gode van die volke is niksbeduidend, maar die Here het die hemel gemaak.

6Luister en glans is voor Hom; krag en heerlikheid is in sy heiligdom.

7Gee eer aan die Here, familiegroepe van volke! Gee eer aan die Here vir sy heerlikheid en krag!

8Gee eer aan die Here vir die heerlikheid van sy Naam! Bring dankbewyse en gaan sy voorhowe binne.

9Buig in aanbidding voor die Here in sy glansryke heiligheid! Bewe vanweë sy teenwoordigheid, o ganse aarde!

10Sê onder die nasies: “Die Here regeer; ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie. Hy oordeel volke met billikheid.”

11Laat die hemel bly wees, en die aarde juig; laat die see en alles daarin dit uitbasuin.

12Laat die veld en alles daarop jubel; dan sal alle bome in die bos van vreugde uitroep

13voor die Here. Want Hy kom, ja, Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in •geregtigheid, en volke ooreenkomstig sy trou.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 96.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.