Psalms 95AFR20

1Kom, laat ons voor die Here jubel, laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos.

2Laat ons tot Hom nader met dankliedere, met lofgesange juig tot sy eer.

3Want die Here is 'n groot God, 'n groot Koning bo al die gode,

4in wie se hand die dieptes van die aarde is, en aan wie die kruine van die berge behoort,

5aan wie die see behoort. Ja, Hy het dit gemaak, en die droë grond met sy hande gevorm.

6Gaan in, laat ons in aanbidding buig en kniel, laat ons op ons knieë staan voor die Here, ons Maker.

7Want Hy is ons God en ons is die volk wat Hy laat wei, die kleinvee van sy hand. As julle vandag maar net na sy stem wou luister!

8“Moenie julle harte verhard soos by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn,

9waar julle voorouers My versoek het, My beproef het, selfs nadat hulle my dade gesien het nie.

10Veertig jaar lank het Ek 'n weersin gehad in daardie groep mense, en Ek het gesê, ‘'n Volk met harte wat dwaal, is hulle, en hulle ken nie my paaie nie –

11hulle oor wie Ek in my toorn gesweer het: “Hulle sal my rusplek nie binnegaan nie!” ’ ”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 95.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.