Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 93

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here regeer; Hy is met majesteit beklee. Die Here beklee Hom, met krag omgord Hy Hom. Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie.
2 U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.
3 Seestrome het hulle verhef, Here, seestrome het hulle stem verhef, seestrome verhef hulle golfslag.
4 Magtiger as die gedreun van baie waters, as die branders van die see, is die Here, magtig in die hoogte.
5 U bepalings is baie betroubaar; vir u huis is heiligheid gepas, Here, tot in lengte van dae.