Psalms 92AFR20

1'n Psalm. 'n Lied vir die Sabbatdag.

2Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te besing, Allerhoogste;

3om in die môre u troue liefde te verkondig, en u trou in die nagte –

4met tiensnarige instrumente, met harpe en die speel van liere.

5Want U maak my bly met u werk, Here, oor u handewerk jubel ek.

6Hoe groot is u werke, Here, hoe uitermate diep u gedagtes!

7'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:

8Wanneer goddeloses soos onkruid opskiet en almal wat onreg pleeg, gedy – is dit net om vir ewig uitgedelg te word.

9Maar U is vir ewig hoog verhewe, Here.

10Ja, kyk, u vyande, Here, ja, kyk, u vyande gaan ten gronde; dié wat onreg pleeg, word verstrooi.

11Maar U het my horings hoog gelig soos dié van 'n buffel. Suiwer olie is oor my uitgegiet.

12My oog kyk neer op my teenstanders, op hulle wat teen my opstaan; my oor hoor met vreugde van die kwaaddoeners.

13Regverdiges – soos palmbome skiet hulle op, soos seders op die Libanon groei hulle hoog.

14Hulle is geplant in die huis van die Here; in die voorhowe van ons God blom hulle.

15In die gryse ouderdom gedy hulle nog steeds; hulle is weelderig en blaarryk,

16sodat hulle kan verkondig: “Regverdig is die Here, my rots, en daar is geen ongeregtigheid by Hom nie.”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 92.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.