Psalms 8AFR20

1Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. 'n Psalm. Van Dawid.

2Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig.

3Deur die mond van kleuters en suigelinge het U mag gevestig, vanweë u teenstanders, om vyande en wraakgieriges stil te maak.

4Wanneer ek na u hemelruim kyk, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het –

5wat is 'n mens dan dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U aan hom aandag skenk?

6U het hom net minder as 'n hemelse wese gemaak; U het hom met eer en majesteit gekroon.

7U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

8al die kleinvee en beeste, ja, selfs die diere van die veld,

9die voëls van die hemel, en die visse van die see wat verbytrek op hulle roetes deur die oseane.

10Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.