Psalms 7AFR20

1'n Sjighajoon. Van Dawid. Wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van die woorde van Kus, 'n Benjaminiet.

2Here, my God, by U skuil ek; verlos my van almal wat my agtervolg, en red my,

3anders verskeur hulle my soos 'n leeu wat sy prooi wegsleep; en daar is niemand wat kan red nie.

4Here, my God, as ek iets gedoen het, as daar onreg aan my hande kleef,

5as ek my vriend kwaad aangedoen het, my teenstander sonder rede beroof het,

6mag die vyand my dan agtervolg en inhaal, my lewe in die grond vertrap, en my eer deur die modder sleep.

7Staan op, Here, in u toorn, tree op teen die woedebuie van my teenstanders, word wakker, my God; U vel die oordeel!

8Laat nasies rondom U vergader; keer terug na u verhewe plek bo hulle.

9Die Here spreek reg oor volke. Oordeel my op grond van my geregtigheid, Here, op grond van my onberispelikheid, Verhewene.

10Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!

11God is my skild, Hy wat die opregtes van hart verlos.

12God is 'n regverdige regter – 'n God wat elke dag sy verontwaardiging toon.

13As iemand hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp, span Hy sy boog en lê daarmee aan.

14Hy maak vir Hom dodelike wapens gereed; Hy maak van sy pyle brandpyle.

15Kyk, wie bevrug raak met onreg en swanger is van gemeenheid, gee geboorte aan bedrog.

16Wie 'n put grawe en dit uithol, val in die vangkuil wat hy gemaak het.

17Sy gemeenheid kom op sy eie kop neer; op sy skedel kom sy geweld neer.

18Ek wil die Here prys vir sy regverdige optrede; ek wil die Naam van die Here, die Allerhoogste, besing.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.