Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 6

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Met snarespel. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Here, moet my in u toorn nie teregwys en my in u woede nie bestraf nie.
3 Wees my genadig, Here, want ek, ek kwyn weg; genees my, Here, want tot in my gebeente is ek beangs,
4 ja, tot in my siel is ek heeltemal vreesbevange. Ag, Here, hoe lank nog?
5 Keer terug, Here, red my lewe; verlos my op grond van u troue liefde!
6 Waarlik, in die dood kan u gevierde Naam nie aangeroep word nie. Wie kan U in die •doderyk prys?
7 Ek is moeg van my gesug, elke nag deurdrenk ek my bed, deurweek ek my slaapbank met trane.
8 My is dik geswel van verdriet, vermoeid van al my teenstanders.
9 Gee pad van my af, julle almal wat onreg pleeg, want die Here het gehoor hoe hard ek huil.
10 Die Here het my smeking gehoor; die Here aanvaar my gebed.
11 Al my vyande staan beskaamd, hulle is heeltemal vreesbevange. Binne 'n oogwink draai hulle vernederd weg.