Psalms 6AFR20

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.

2Here, moet my in u toorn nie teregwys en my in u woede nie bestraf nie.

3Wees my genadig, Here, want ek, ek kwyn weg; genees my, Here, want tot in my gebeente is ek beangs,

4ja, tot in my siel is ek heeltemal vreesbevange. Ag, Here, hoe lank nog?

5Keer terug, Here, red my lewe; verlos my op grond van u troue liefde!

6Waarlik, in die dood kan u gevierde Naam nie aangeroep word nie. Wie kan U in die •doderyk prys?

7Ek is moeg van my gesug, elke nag deurdrenk ek my bed, deurweek ek my slaapbank met trane.

8My oë is dik geswel van verdriet, vermoeid van al my teenstanders.

9Gee pad van my af, julle almal wat onreg pleeg, want die Here het gehoor hoe hard ek huil.

10Die Here het my smeking gehoor; die Here aanvaar my gebed.

11Al my vyande staan beskaamd, hulle is heeltemal vreesbevange. Binne 'n oogwink draai hulle vernederd weg.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.