Psalms 9AFR20

1Vir die •musiekleier. Op “Dood van die seun”. 'n Psalm. Van Dawid.

2Ek wil die Here prys met my hele hart; ek wil van al u wonderdade vertel.

3Ek wil bly wees en my in U verheug; ek wil u Naam besing, Allerhoogste.

4Wanneer my vyande terugdeins, struikel hulle en kom hulle om vanweë u teenwoordigheid,

5want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. U het op die troon gesit as 'n regverdige regter.

6U het die nasies tereggewys, die goddeloses vernietig; hulle naam het U vir altyd en ewig uitgewis.

7Die vyand – hulle is tot niet, puinhope vir goed. Die stede het U ontwortel. Die herinneringe aan hulle, dit het verdwyn.

8Die Here regeer vir ewig; Hy vestig sy troon vir die regspraak.

9Hý oordeel die wêreld in •geregtigheid; oor die nasies spreek Hy reg met billikheid.

10Die Here sal 'n toevlugsoord wees vir die onderdrukte, 'n toevlugsoord in tye van nood.

11Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, Here.

12Besing die Here wat in Sion regeer; maak sy dade onder die volke bekend.

13Want Hy wat bloedvergieting vergeld, dink aan die magteloses; Hy vergeet nie hulle hulpgeroep nie.

14Wees my genadig, Here, kyk hoe my haters my verdruk – U wat my kan wegruk uit die poorte van die dood –

15sodat ek van al u lofwaardige dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion. Ek wil juig oor die verlossing wat U bring.

16Nasies het weggesink in die vangkuil wat hulle gemaak het; in daardie vangnet wat hulle gespan het, is hulle voete gevang.

17Die Here het Homself bekend gemaak: Hy laat reg geskied; goddeloses raak in hulle eie handewerk verstrik.

18Goddeloses draai om na die •doderyk, al die nasies wat God vergeet.

19Maar die behoeftiges sal nie vir altyd vergeet word nie; die magteloses se hoop is nie vir altyd verlore nie.

20Staan op, Here, mense moet nie die oorhand kry nie; laat nasies voor U teregstaan.

21Vervul hulle met vrees, Here; die nasies moet besef dat hulle net mense is.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 9.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.