Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 10

:
Afrikaans - AFR20
1 Waarom, Here, bly U so ver staan, waarom verberg U Uself in tye van nood?
2 In hulle hoogmoed agtervolg goddeloses die magtelose. Mag hulle verstrik raak in die sameswerings wat hulle beplan!
3 Ja, 'n goddelose spog oor sy hartsbegeertes, en terwyl hy wins maak, vervloek en verag hy die Here.
4 Die goddelose met sy neus in die lug: “God vra nie rekenskap nie; daar is geen God nie” dit is al sy gedagtes.
5 Sy paaie is altyd voorspoedig. U beslissings is ver buite sy gesigsveld. Hy minag al sy teenstanders.
6 Hy in sy hart: “Ek sal nie struikel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie teenspoed sal ervaar nie.”
7 Sy mond is vol vervloeking, bedrog en verdrukking; onder sy tong is gemeenheid en onreg.
8 Naby dorpies hy in 'n hinderlaag; in skuilplekke vermoor hy die onskuldige; sy is op die loer vir die weerlose.
9 In 'n skuilplek hy soos 'n leeu in die ruigte; hy die magtelose voor om hom te vang; hy vang die magtelose deur sy vangnet toe te trek.
10 Verpletter krimp die weerlose ineen; hy val in sy mag.
11 Die goddelose in sy hart: “God vergeet. Hy hou sy toe; Hy sien dit nooit raak nie.”
12 Staan op, Here; God, lig u hand; vergeet die magteloses tog nie!
13 Waarom verag 'n goddelose mens God? Hy in sy hart U eis nie rekenskap nie.
14 U sien tog self die moeite en verdriet, U sien dit raak. Deur dit in u hand te gee, laat weerloses dit aan U oor; vir weeskinders is U 'n helper.
15 Breek die arm van die goddelose, ja, eis rekenskap van 'n bose mens oor sy goddeloosheid totdat U niks meer vind nie.
16 Die Here is Koning vir altyd en ewig; nasies verdwyn uit sy land.
17 U het gehoor wat die verdruktes graag wil hê, Here. U versterk hulle harte, U oor luister aandagtig
18 om aan die weeskind en die onderdrukte reg te laat geskied. Niemand sal meer voortgaan om mense uit die land te verdryf nie.