Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 11

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Van Dawid. By die Here skuil ek; hoe kan julle dan vir my sê: “Vlug soos 'n voël na die berge,
2 want kyk, die goddeloses span 'n boog, hulle sit hulle pyle op die boogsnaar om in die donker op die opregtes van hart te skiet.
3 As die fondamente afgebreek word, wat kan 'n regverdige dan doen?”
4 Die Here is in sy •heilige paleis, die Here in die hemel is sy troon. Sy sien; sy blik toets die mensekinders.
5 Die Here 'n regverdige toets Hy, maar in 'n goddelose en iemand wat geweld liefhet, het Hy 'n weersin.
6 Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën vuur en swael en 'n verskroeiende wind; dit is wat hulle toekom, dit is hulle beker.
7 Want regverdig is die Here, Hy het geregtigheid lief, opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar.