Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 12

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Verlos tog, Here! Want daar is nie meer getroue volgelinge nie; die betroubares onder die mense het verdwyn.
3 Die een mens belieg die ander; met vleiende lippe praat hulle uit twee monde.
4 Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tonge wat grootpraat,
5 hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?”
6 “Vanweë die geweld teen die magteloses, die gesug van die behoeftiges, gaan Ek nóú opstaan,” die Here. “Ek sal hulle wat daarna smag na veiligheid bring.”
7 Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltoond in die grond, dit is sewe maal gesuiwer.
8 U, Here, moet hulle beskerm; U moet elkeen altyd veilig hou teen hierdie geslag.
9 Oral loop goddeloses rond, terwyl die gemeenheid van mensekinders hoogty vier.