Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 13

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Hoe lank nog, Here? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg?
3 Hoe lank nog moet ek kwellinge in my binneste dra, elke dag kommer in my hart? Hoe lank nog gaan my vyand die oorhand oor my hê?
4 Sien dit tog raak, antwoord my, Here, my God! Verlig tog my oë, anders sink ek in 'n doodslaap weg,
5 anders my vyand, “Ek het hom oorweldig,” anders juig my teenstanders omdat ek tot 'n val gebring word.
6 Maar ek op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing. Ek wil vir die Here sing, omdat Hy aan my goed gedoen het.