Psalms 70AFR20

1Vir die •musiekleier. Van Dawid. Ter herinnering.

2O God, red my, Here, kom my gou te hulp!

3Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd en verleë staan. Laat hulle wat my teenspoed begeer, terugdeins en verneder word.

4Laat hulle wat sê, “Aha! Aha!” omdraai oor hulle skande.

5Mag almal wat U soek, hulle verheug en in U bly wees; mag hulle wat u verlossing liefhet, voortdurend sê: “God is groot!”

6Maar ek is magteloos en behoeftig. O God, haas U na my – U is my hulp, my bevryder! Here, moenie talm nie!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 70.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.