Psalms 67AFR20

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.

2Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy die lig van sy aangesig by ons laat skyn.

3Mag U pad op die aarde bekend wees, u verlossing onder al die nasies.

4Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.

5Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei.

6Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.

7Die aarde het sy opbrengs gelewer. Mag God, ons God, ons seën.

8Mag God ons seën, sodat al die uithoeke van die aarde vir Hom ontsag sal hê.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 67.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.