Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 67

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.
2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy die lig van sy aangesig by ons laat skyn.
3 Mag U pad op die aarde bekend wees, u verlossing onder al die nasies.
4 Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.
5 Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei.
6 Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.
7 Die aarde het sy opbrengs gelewer. Mag God, ons God, ons seën.
8 Mag God ons seën, sodat al die uithoeke van die aarde vir Hom ontsag sal hê.