Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 66

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde!
2 Besing die eer van sy Naam; betoon eer met 'n loflied aan Hom.
3 vir God: “Hoe ontsagwekkend is u dade! Vanweë die grootheid van u krag, veins u vyande onderdanigheid aan U.
4 Almal op aarde buig voor U in aanbidding. Hulle besing U, hulle besing u Naam.”
5 Kom kyk na God se werke ontsagwekkend is sy dade onder die mense.
6 Hy het 'n see in droë grond verander. Hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar kon ons ons in Hom verheug,
7 Hy wat ewig heers deur sy mag, wie se die nasies deurkyk. Hardkoppiges moet hulleself nie verhef nie.
8 Prys ons God, volke; laat die klank van sy loflied opklink
9 Hy wat aan ons lewe gee, nie toelaat dat ons voete swik nie.
10 Ja, U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
11 U het ons in 'n vangnet laat beland, 'n las op ons skouers gelê.
12 U het mense oor ons koppe laat ry; ons het deur vuur en water gegaan, maar U het ons na oorvloed uitgelei.
13 Ek sal u huis binnegaan met •brandoffers; ek sal aan U my geloftes betaal
14 wat my lippe uitgespreek en my mond beloof het toe ek in die nood was.
15 Brandoffers van vetgemaakte skape sal ek aan U bring, saam met die offerrook van ramme. Ek sal beeste saam met bokke offer.
16 Kom luister, almal wat vir God ontsag het, sodat ek kan vertel wat Hy vir my gedoen het.
17 Met my mond het ek Hom aangeroep; lofprysing was gereed op my tong.
18 Wat onreg betref, as ek dit in my hart sou gewaar, sou my Heer nie geluister het nie.
19 Maar God het geluister; Hy het ag geslaan op die klank van my gebed.
20 God moet geprys word, Hy wat my gebed nie afgewys het, sy troue liefde van my nie weerhou het nie.