Psalms 65AFR20

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. 'n Lied.

2Aan U kom 'n lofsang toe, o God wat in Sion is; aan U moet geloftes betaal word.

3U wat gebede hoor – na U moet alle mense kom.

4Al sou sondeskuld my oorweldig, U bedek ons oortredings.

5Gelukkig is die mens vir wie U uitkies en laat nader kom – hy mag woon in u voorhowe. Ons wil graag versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u •tempel.

6U antwoord ons in geregtigheid met ontsagwekkende dade, o God wat ons verlos – U, die vertroude tot aan al die eindes van die aarde en die verste seë,

7die Een wat die berge vestig deur sy krag, wat omgord is met mag,

8wat die gedreun van die seë stilmaak, die gedreun van hulle golwe, die rumoer van volke.

9Daarom het die bewoners van die eindes van die aarde ontsag vir u tekens. U laat 'n gejubel opklink waar die son opkom en waar dit ondergaan.

10U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor:

11U maak die vore nat, die ploegbanke gelyk; met reënbuie maak U die aarde sag, U seën dit wat daar opkom.

12U kroon u goeie jaar; u spore drup van vettigheid.

13Die weivelde van die woestyn drup, die heuwels omgord hulle met 'n gejuig.

14Die weivelde klee hulle met kleinvee; die valleie tooi hulle met graan; hulle roep uit van vreugde, ja, hulle sing.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 65.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.