Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 65

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. 'n Lied.
2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God wat in Sion is; aan U moet geloftes betaal word.
3 U wat gebede hoor na U moet alle mense kom.
4 Al sou sondeskuld my oorweldig, U bedek ons oortredings.
5 Gelukkig is die mens vir wie U uitkies en laat nader kom hy mag woon in u voorhowe. Ons wil graag versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u •tempel.
6 U antwoord ons in geregtigheid met ontsagwekkende dade, o God wat ons verlos U, die vertroude tot aan al die eindes van die aarde en die verste seë,
7 die Een wat die berge vestig deur sy krag, wat omgord is met mag,
8 wat die gedreun van die seë stilmaak, die gedreun van hulle golwe, die rumoer van volke.
9 Daarom het die bewoners van die eindes van die aarde ontsag vir u tekens. U laat 'n gejubel opklink waar die son opkom en waar dit ondergaan.
10 U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor:
11 U maak die vore nat, die ploegbanke gelyk; met reënbuie maak U die aarde sag, U seën dit wat daar opkom.
12 U kroon u goeie jaar; u spore drup van vettigheid.
13 Die weivelde van die woestyn drup, die heuwels omgord hulle met 'n gejuig.
14 Die weivelde klee hulle met kleinvee; die valleie tooi hulle met graan; hulle roep uit van vreugde, ja, hulle sing.