Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 64

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Luister, o God, na my stem as ek kla; hou my lewe veilig teen die verskrikking van die vyand.
3 Hou my weg van die kring van kwaaddoeners, weg van die onrus van hulle wat onreg pleeg,
4 dié wat hulle tonge so skerp maak soos 'n swaard, wat aanlê met hulle pyle van bitter woorde
5 om uit wegkruipplekke op 'n onskuldige te skiet. Onverwags skiet hulle op hom. Hulle is nie bang nie.
6 Hulle praat mekaar moed in met bose woorde; hulle spreek af om strikke te stel. Hulle sê: “Wie sal dit raaksien?
7 Sal mense 'n bose opset ondersoek? Ons is gereed; dit is 'n fyn beplande set, en 'n mens se binneste en hart is onpeilbaar.”
8 Maar onverwags skiet God hulle met 'n pyl; hulle is gewond!
9 Dit bring hulle elkeen tot 'n val. Hulle tonge getuig teen hulle. Almal wat hulle sien, sidder.
10 Dan word alle mense met vrees vervul en maak God se dade bekend; hulle kry insig in sy werk.
11 Regverdiges sal hulle in die Here verheug en by Hom skuil. Almal wie se harte opreg is, sal in Hom roem.