Psalms 63AFR20

1'n Psalm. Van Dawid. Toe hy in die woestyn van Juda was.

2God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water.

3So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar,

4want u troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem;

5so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef.

6Asof van binnevet en die vetste dele word ek versadig; en met jubelende lippe bring my mond lof

7as ek aan U dink op my slaapplek, as ek in die •nagwake oor U prewel.

8Want U was vir my tot hulp, en in die skadu van u vlerke jubel ek.

9My diepste wese is aan U verknog; u regterhand ondersteun my.

10En daardie mense wat daarop uit is om my lewe te verwoes, hulle sal die onderste dele van die aarde binnegaan.

11Hulle sal aan die mag van die swaard uitgelewer word, die prooi van jakkalse sal hulle word.

12Die koning sal hom in God verbly; elkeen wat by Hom sweer, sal in Hom roem. Want hulle wat leuens verkondig se monde sal gesnoer word.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 63.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.