Psalms 62AFR20

1Vir die •musiekleier. Op Jedoetoen. 'n Psalm. Van Dawid.

2Net by God vind ek rus; van Hom kom my verlossing.

3Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord; ek sal beslis nie wankel nie.

4Hoe lank nog gaan julle 'n man bly aanval, vermoor julle almal hom – asof hy 'n muur is wat oorhel, 'n tuinmuur wat omgestoot word?

5Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle.

6Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig.

7Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie.

8By God lê my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God.

9Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons 'n skuilplek.

10Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug.

11Moet op afpersing nie staatmaak, op plunder julle ydele hoop nie vestig nie. Rykdom, as dit toeneem – moet julle hart nie daarop sit nie.

12Een saak het God bevestig, twee, wat ek gehoor het: Krag is by God;

13by U, my Heer, is daar troue liefde, want U self beloon 'n mens volgens sy dade.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 62.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.