Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 62

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Op Jedoetoen. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Net by God vind ek rus; van Hom kom my verlossing.
3 Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord; ek sal beslis nie wankel nie.
4 Hoe lank nog gaan julle 'n man bly aanval, vermoor julle almal hom asof hy 'n muur is wat oorhel, 'n tuinmuur wat omgestoot word?
5 Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle.
6 Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig.
7 Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie.
8 By God my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God.
9 Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons 'n skuilplek.
10 Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug.
11 Moet op afpersing nie staatmaak, op plunder julle ydele hoop nie vestig nie. Rykdom, as dit toeneem moet julle hart nie daarop sit nie.
12 Een saak het God bevestig, twee, wat ek gehoor het: Krag is by God;
13 by U, my Heer, is daar troue liefde, want U self beloon 'n mens volgens sy dade.