Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 56

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Op “Die duif van die veraf •terebinte”. Van Dawid. 'n Miktaam. Toe die Filistyne hom in Gat gevang het.
2 Wees my genadig, o God, want mense treiter my; die hele dag teister veglustige mense my.
3 My teenstanders treiter my die hele dag, ja, baie veg teen my uit die hoogte.
4 Die dag wanneer ek bang is, vertrou ek op U.
5 Op God ek loof sy woord op God vertrou ek. Ek sal nie bang wees nie; wat kan vlees en bloed aan my doen?
6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; teen my is al hulle kwaadwillige planne gerig.
7 Hulle val my gedurig aan; hulle en wag. Hulle hou my spore dop terwyl hulle my lewe soek.
8 Sal hulle, ondanks die onreg, vrykom? Werp mense neer in toorn, o God!
9 U het self my lotgevalle opgeteken. Hou tog my trane in u leersak. Staan dit nie in u •boekrol nie?
10 Dan sal my vyande terugdeins op die dag wanneer ek roep. Dit weet ek: God is vir my.
11 Op God ek loof sy woord op die Here ek loof sy woord
12 ja, op God vertrou ek. Ek is nie bang nie, wat kan 'n mens aan my doen?
13 Op my, o God, rus die geloftes aan U. Ek sal dit nakom met •dankoffers aan U,
14 want U het my lewe uit die dood weggeruk. Het U dan nie my voete van struikeling bewaar, sodat ek voor God kan leef in die lig van die lewe nie?