Psalms 54AFR20

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Maskiel. Van Dawid.

2Toe die Sifiete gegaan en vir Saul gesê het: “Het Dawid dan nie by ons kom wegkruip nie?”

3O God, verlos my deur u Naam en verdedig my saak deur u groot krag.

4O God, hoor my gebed; luister na die woorde van my mond,

5want vreemdes het teen my opgestaan en gewelddadige mense soek my lewe. Hulle hou God nie voor oë nie.

6Kyk, God is vir my 'n helper, my Heer is die Een wat my lewe ondersteun.

7Hy sal my teenstanders vir hulle kwaad vergeld. Omdat U getrou is, vernietig hulle!

8Vrywillig wil ek offers aan U bring. Ek wil u Naam prys, Here, want dit is goed;

9ja, u Naam het my uit alle nood gered en ek kon op my vyande neerkyk.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 54.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.