Psalms 53AFR20

1Vir die •musiekleier. Op Magalat. 'n Maskiel. Van Dawid.

2Dwase sê in hulle hart: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.

3God kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek.

4Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

5Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos 'n mens brood eet? Hulle roep God nie aan nie.

6Dan oorval skrik hulle as daar niks te vrese is nie. Want God het die beendere van hulle wat jou beleër het, verstrooi. Jy laat hulle beskaamd staan, want God het hulle verwerp.

7Mag daar uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God die lot van sy volk omkeer, moet Jakob juig, moet Israel bly wees.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 53.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.