Psalms 52AFR20

1Vir die •musiekleier. 'n Maskiel. Van Dawid.

2Toe Doëg, die Edomiet, gegaan en vir Saul berig gebring het. Hy het vir hom gesê: “Dawid het by die huis van Agimeleg aangekom.”

3Waarom spog jy oor 'n bose daad, krygsheld? God se troue liefde is die hele dag daar.

4Jou tong beplan vernietiging, soos 'n skerp skeermes, jy wat bedrog pleeg.

5Jy hou meer van die slegte as van die goeie, van leuens meer as om te sê wat reg is.

6Jy hou van allerhande lasterlike woorde, van 'n tong wat bedrieg.

7God sal jou daarom vir goed afbreek Hy sal jou wegruk, jou wegskeur uit die tent; Hy sal jou uitpluk uit die land van die lewendes.

8Regverdiges sal dit sien en ontsag hê, oor hom sal hulle die spot dryf:

9“Kyk die sterk man! Hy het God nie sy toevlug gemaak nie, maar op sy groot rykdom vertrou. Hy soek toevlug in wat hom vernietig.”

10Maar ek is soos 'n welige olyfboom in God se huis; ek stel my vertroue in God se troue liefde, vir altyd en altyd.

11Ek sal U vir altyd prys omdat U opgetree het. In die teenwoordigheid van u getroue volgelinge vestig ek my hoop op u Naam, want dit is goed.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 52.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.