Psalms 51AFR20

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.

2Toe die profeet Natan na hom gegaan het nadat hy met Batseba omgang gehad het.

3Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde; wis my oortredings uit volgens u groot ontferming.

4Was my heeltemal skoon van my sondeskuld en reinig my van my sonde

5want ek is deeglik bewus van my oortredings en my sonde is voortdurend voor my.

6Teen U, teen U alleen, het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U gelyk sal hê as U uitspraak lewer, volkome reg wanneer U oordeel.

7Kyk, in sondeskuld is ek gebore, sondig toe my moeder met my swanger geraak het.

8Kyk, getrouheid verwag u reeds in die moederskoot, in die verborgenheid leer U my wysheid.

9Neem my sonde weg met marjolein sodat ek rein kan wees, was my, dan sal ek witter as sneeu wees.

10Laat my weer uitroepe van vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente wat U verbrysel het, juig.

11Sluit u oë vir my sonde, en al my sondeskuld, wis dit uit!

12Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste.

13Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u •heilige Gees nie van my wegneem nie.

14Laat my weer die vreugde oor u verlossing ervaar, laat 'n gewillige gees my ondersteun.

15Ek wil oortreders u paaie leer, dat sondaars na U kan terugkeer.

16Red my van bloedskuld, o God, God wat my verlos, laat my tong juig oor u geregtigheid.

17My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig.

18U vind immers geen vreugde in slagoffers nie, anders sou ek dit gee; •brandoffers aanvaar U nie.

19Offers aan God is 'n gebroke gees, 'n gebroke en verpletterde hart sal U, o God, nie minag nie.

20Doen volgens u wil goed aan Sion, herbou die mure van Jerusalem.

21Dan sal U vreugde vind in offers van geregtigheid – brandoffers en volledige offers – Dan sal daar op u altaar jong bulle geoffer word.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 51.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.