Psalms 47AFR20

1Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Al julle volke, klap hande! Juig tot eer van God met jubelkrete!

3Want die Here, die Allerhoogste, is ontsagwekkend, 'n groot koning oor die hele aarde.

4Hy onderwerp volke aan ons, nasies onder ons voete.

5Hy kies vir ons ons erfgrond, die trots van Jakob, wat Hy liefhet.

6Onder gejuig bestyg God die troon, die Here bestyg dit onder die geluid van 'n •ramshoring.

7Besing God, besing Hom! Besing ons koning, besing Hom!

8Want God is die koning van die hele aarde; sing 'n lied wat onderrig.

9God regeer oor nasies, God sit op sy •heilige troon.

10Die vooraanstaandes van volke kom bymekaar by die God van Abraham, want aan God behoort die skilde van die aarde. Hy is hoog verhewe.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.