Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 46

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.
2 God is vir ons 'n skuilplek en 'n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde.
3 Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en berge wankel in die hart van die see nie.
4 Sy waters kan maar woed, kan maar skuim, berge kan maar bewe in sy dreuning.
5 Daar is 'n rivier sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste.
6 God is in haar midde, sy sal nie wankel nie. God sal haar help wanneer die oggend aanbreek.
7 Nasies was onstuimig, koninkryke het gewankel, Hy het sy stem laat hoor; die aarde sidder.
8 Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.
9 Kom kyk na die dade van die Here, Hy wat skrikwekkende dinge op aarde doen,
10 wat oorloë laat ophou tot aan die einde van die aarde. Boë breek Hy stukkend en Hy verpletter spiese; waens verbrand Hy in die vuur.
11 “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.”
12 Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.