Psalms 43AFR20

1Handhaaf my reg, o God, en verdedig my saak teen 'n ontroue nasie; bevry my van mense wat bedrog en onreg pleeg.

2U is immers die God by wie ek toevlug soek. Waarom verwerp U my dan; waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?

3Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u •heilige berg en na u woonplek,

4sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met 'n lier.

5Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer dank vir die verlossing wat Hy, my God, deur sy teenwoordigheid bring.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 43.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.