Psalms 41AFR20

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.

2Gelukkig is die mens wat die hulpelose in ag neem; op die dag van onheil sal die Here hom laat ontkom.

3Die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; hy sal gelukkig genoem word in die land. U moet hom nie uitlewer aan die begeerte van sy vyande nie.

4Die Here sal hom ondersteun op sy siekbed. Waar hy ook al siek lê, maak U hom gesond.

5Ek, ek het gesê: “ Here, wees my genadig, genees my tog, want ek het teen U gesondig.

6My vyande wens my kwaad toe, ‘Wanneer sterf hy en verdwyn sy naam?’

7As iemand my besoek, huigel hy; in sy hart koester hy onheilsgedagtes en as hy buite kom, dan praat hy.

8Almal wat my haat, fluister onder mekaar oor my. Teen my beplan hulle onheil

9Hulle sê, ‘Iets slegs het hom aangetas, en hy wat daar lê, sal nie weer opstaan nie.’

10Selfs my vriend wat ek vertrou het, hy wat my brood geëet het, het die hakskeen teen my gelig.”

11Maar U, Here, wees my genadig en laat my opstaan, sodat ek hulle kan vergeld.

12Hieraan weet ek dat U my goedgesind is: dat my vyand nie oor my juig nie.

13Wat my betref, omdat ek onberispelik is, ondersteun U my. U laat my altyd in u teenwoordigheid staan.

14Die Here, die God van Israel, moet geprys word, van ewigheid af en vir ewig. Amen, amen.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 41.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.