Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Dawid.
2 God wat my reg handhaaf, antwoord my wanneer ek roep. Toe ek in die noute was, het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed.
3 Mense, hoe lank nog gaan julle my eer skend? Julle het nietigheid lief, julle jaag leuens na.
4 Julle moet weet dat die Here sy getroue volgelinge uitsonderlik behandel. Die Here hoor wanneer ek na Hom roep.
5 Sidder, moenie sondig nie; dink na op julle beddens en wees stil.
6 Bring offers van geregtigheid en vertrou op die Here.
7 Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here!
8 U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en •nuwe wyn volop is.
9 In vrede kan ek gaan en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.