Psalms 4AFR20

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Dawid.

2God wat my reg handhaaf, antwoord my wanneer ek roep. Toe ek in die noute was, het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed.

3Mense, hoe lank nog gaan julle my eer skend? Julle het nietigheid lief, julle jaag leuens na.

4Julle moet weet dat die Here sy getroue volgelinge uitsonderlik behandel. Die Here hoor wanneer ek na Hom roep.

5Sidder, moenie sondig nie; dink na op julle beddens en wees stil.

6Bring offers van geregtigheid en vertrou op die Here.

7Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here!

8U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en •nuwe wyn volop is.

9In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.