Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 3

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Van Dawid. Toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.
2 Here, hoe het my teenstanders vermeerder! Baie staan teen my op.
3 Baie van my: “Daar is geen redding vir hom by God nie.”
4 Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou.
5 Wanneer ek hard roep na die Here, antwoord Hy my van sy •heilige berg af.
6 Ek kan gaan lê, aan die slaap raak en wakker word, want die Here onderskraag my.
7 Ek is nie bang vir tienduisende manskappe wat reg rondom my teen my stelling inneem nie.
8 Staan op, Here, verlos my, my God, want U het al my vyande op die wang geslaan; die tande van die goddeloses het U gebreek.
9 By die Here is daar redding; op u volk rus u seën.