1Waarom is die volke rusteloos en maak die nasies nuttelose planne?
2Die konings van die aarde neem stelling in en die heersers span saam teen die Here en sy gesalfde:
3“Kom ons breek hulle boeie stukkend, kom ons gooi hulle bande van ons af!”
4Hy wat in die hemel sit, lag; my Heer dryf die spot met hulle.
5Dan spreek Hy hulle in sy toorn aan, met sy woede verskrik Hy hulle:
6“Ek self het my koning gesalf op Sion, my •heilige berg.”
7Ek wil die vaste besluit bekend maak: Die Here het vir my gesê: “Jy is my seun, vandag het Ek jou verwek.
8Vra dit van My en Ek sal volke gee as jou erfdeel, die uithoeke van die aarde as jou eiendom.
9Jy sal hulle verpletter met 'n ystersepter, soos erdewerk sal jy hulle stukkend slaan.”
10Daarom, konings, wees verstandig; wees gewaarsku, regters van die aarde.
11Dien die Here met ontsag en juig Hom toe met bewing!
12Soen die seun, sodat Hy nie toornig word en julle op pad omkom nie, want sy toorn vlam maklik op. Gelukkig is almal wat by Hom skuil.