Psalms 26AFR20

1Van Dawid. Handhaaf my reg, Here, want ek, ek gedra my onberispelik; ek vertrou op die Here, ek wankel nie.

2Toets my, Here, en stel my op die proef. Suiwer my niere en my hart!

3Want ek hou u troue liefde voor oë en ek leef volgens u waarheid.

4Ek sit nie by bedrieërs nie, en by slinkse mense kom ek nie.

5Ek het 'n weersin in die byeenkoms van kwaaddoeners, en by goddeloses sit ek nie.

6Ek was my hande om my onskuld te toon, sodat ek rondom u altaar kan loop, Here,

7om 'n loflied te laat opklink en te vertel van al u wonderdade.

8Here, ek het die huis waar U woon, lief, u heerlike woonplek.

9Moet my nie wegruk saam met sondaars, my lewe saam met manne wat bloed vergiet nie,

10hulle aan wie se hande 'n skanddaad kleef, en wie se regterhand vol omkoopgeld is.

11Maar ek, ek gedra my onberispelik – red my en wees my genadig!

12My voet staan op gelyk grond; in die byeenkomste sal ek die Here prys.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.