1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2Mag die Here u antwoord op die dag van benoudheid; mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.
3Mag Hy vir u hulp stuur uit die heiligdom, en u uit Sion ondersteun.
4Mag Hy al u offergawes in gedagte hou, u •brandoffers aanvaarbaar vind.
5Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, en elkeen van u planne laat slaag.
6Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die Here aan al u versoeke voldoen!
7Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy •heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy •regterhand.
8Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die Here ons God.
9Hulle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en bly staande.
10Here, verlos tog die koning! Mag Hy ons antwoord op die dag wanneer ons roep!