1Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy magtige hemelkoepel;
2loof Hom oor sy kragtige dade, loof Hom na die omvang van sy grootheid!
3Loof Hom met die geskal van •ramshorings, loof Hom met harp en lier;
4loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snaarinstrument en fluit;
5loof Hom met die klank van simbale, loof Hom met die slag van simbale!
6Alles wat asem het, moet die Here loof! Halleluja!