Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 15

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Van Dawid. Here, wie mag 'n gas wees in u tent? Wie mag tuisgaan op u •heilige berg?
2 Hy wat onberispelik leef en regverdig optree, wat van harte die waarheid praat.
3 Hy laster nie, doen sy medemens nie kwaad aan nie en bespot nie sy naaste nie.
4 In sy is die een wat verwerp is, veragtelik, maar hy eer dié wat vir die Here ontsag het. Al sweer hy tot sy nadeel, hy verander nie.
5 Hy leen nie sy geld teen rente uit nie, en aanvaar nie 'n omkoopgeskenk ten koste van die onskuldiges nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit struikel nie.