Psalms 15AFR20

1'n Psalm. Van Dawid. Here, wie mag 'n gas wees in u tent? Wie mag tuisgaan op u •heilige berg?

2Hy wat onberispelik leef en regverdig optree, wat van harte die waarheid praat.

3Hy laster nie, doen sy medemens nie kwaad aan nie en bespot nie sy naaste nie.

4In sy oë is die een wat verwerp is, veragtelik, maar hy eer dié wat vir die Here ontsag het. Al sweer hy tot sy nadeel, hy verander nie.

5Hy leen nie sy geld teen rente uit nie, en aanvaar nie 'n omkoopgeskenk ten koste van die onskuldiges nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit struikel nie.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.