Psalms 145AFR20

1'n Loflied. Van Dawid. Ek wil U verheerlik, o Koning, my God; ek wil u Naam prys vir altyd en altyd.

2Elke dag wil ek U prys, ek wil u Naam loof vir altyd en altyd.

3Groot is die Here en besonder lofwaardig; sy grootheid is ondeurgrondelik.

4Geslag ná geslag roem u werke; u magtige dade maak hulle bekend.

5Oor die heerlike majesteit van u luister en u wonderdade wil ek nadink.

6Oor die krag van u ontsagwekkende dade praat mense; van u grootheid wil ek vertel.

7Oor herinneringe aan u groot goedheid sal hulle uitwei; oor u regverdige optrede sal hulle jubel.

8Genadig en barmhartig is die Here, geduldig en groot in troue liefde.

9Die Here is goed vir almal, en sy barmhartigheid strek oor al sy werke.

10Here, al u werke loof U, en u troue volgelinge prys U.

11Oor die heerlikheid van u koningskap praat hulle en u mag verkondig hulle,

12sodat die mensdom kan kennis neem van u magtige dade, van die heerlike majesteit van u koningskap.

13U koningskap is 'n koningskap vir alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte.

14Die Here ondersteun almal wat val, en help almal regop wat neergeboë is.

15Almal se oë is vol verwagting op U gerig, en U gee vir hulle hulle kos op tyd.

16Wanneer U u hand oopmaak, versadig U al wat lewe met wat hulle wil hê.

17Regverdig is die Here in al sy weë, en trou aan alles wat Hy gemaak het.

18Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in waarheid aanroep.

19Hy vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het; hulle hulpgeroep hoor Hy, en Hy verlos hulle.

20Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses delg Hy uit.

21My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en altyd.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 145.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.