Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 146

:
Afrikaans - AFR20
1 Halleluja! Loof die Here, o my siel!
2 Ek wil die Here loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan.
3 Moenie op vooraanstaandes vertrou nie, op 'n mens, by wie daar geen verlossing is nie.
4 Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond; op daardie dag is sy planne daarmee heen.
5 Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die Here, sy God
6 Hy wat hemel en aarde gemaak het, die see, en alles wat daarin is, Hy wat trou bly tot in ewigheid,
7 wat die reg van verdruktes handhaaf, aan hongeres brood gee. Die Here laat gevangenes vry;
8 die Here maak blindes se oop; die Here rig dié op wat terneergedruk is. Die Here het regverdiges lief;
9 die Here beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.
10 Die Here sal vir ewig regeer, jou God, Sion, van geslag tot geslag. Halleluja!