Psalms 146AFR20

1Halleluja! Loof die Here, o my siel!

2Ek wil die Here loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan.

3Moenie op vooraanstaandes vertrou nie, op 'n mens, by wie daar geen verlossing is nie.

4Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond; op daardie dag is sy planne daarmee heen.

5Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die Here, sy God –

6Hy wat hemel en aarde gemaak het, die see, en alles wat daarin is, Hy wat trou bly tot in ewigheid,

7wat die reg van verdruktes handhaaf, aan hongeres brood gee. Die Here laat gevangenes vry;

8die Here maak blindes se oë oop; die Here rig dié op wat terneergedruk is. Die Here het regverdiges lief;

9die Here beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.

10Die Here sal vir ewig regeer, jou God, Sion, van geslag tot geslag. Halleluja!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 146.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.