Psalms 143AFR20

1'n Psalm. Van Dawid. Here, hoor my gebed, luister na my smeekgebed; antwoord my in u trou, in u geregtigheid.

2Moet net nie u dienskneg voor die gereg daag nie; want niemand wat leef, is voor U regverdig nie.

3Ja, vyande agtervolg my, hulle verpletter my lewe teen die grond; hulle laat my woon in donker plekke, soos mense wat lankal dood is.

4My gees in my weifel; in my binneste is my hart verbyster.

5Ek dink aan dae lank gelede, ek mymer oor al u dade; oor die werk van u hande dink ek na.

6Ek strek my hande uit na U; my diepste wese smag na U soos dor grond.

7U moet my gou antwoord, Here; my gees is gedaan. Moet tog nie u gesig vir my verberg nie; dan word ek net soos hulle wat in die put afdaal.

8Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange.

9Red my van my vyande, Here; na U vlug ek.

10Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is, want U is my God. U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.

11Ter wille van u Naam, Here, moet U my in die lewe hou; deur u regverdige optrede moet U my uitlei uit die nood;

12en in u troue liefde moet U my vyande vernietig. Maak almal tot niet wat my lewe bedreig, want ek is u dienskneg.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 143.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.