Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 142

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Maskiel. Van Dawid. Toe hy in die grot was. 'n Gebed.
2 Na die Here roep ek hardop om hulp; by die Here pleit ek hardop om genade.
3 Ek stort voor Hom my klag uit; voor Hom maak ek my nood bekend.
4 Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken. Op die pad wat ek moet loop, het hulle in die geheim 'n vangnet vir my gespan.
5 As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. 'n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.
6 Ek roep na U om hulp, Here. Ek sê: “U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
7 Gee tog aandag aan my klaagroep, want ek is baie nietig. Red my van my vervolgers, want hulle is te sterk vir my.
8 Lei my uit gevangenskap, sodat ek u Naam kan prys. Regverdiges sal om my saamkom as U aan my goed doen.”