Psalms 138AFR20

1Van Dawid. Ek wil U prys met my hele hart; voor die gode wil ek U besing.

2Ek wil in aanbidding buig na u •heilige •tempel; ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.

3Die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord. U maak my innerlik sterker.

4Al die konings van die aarde moet U prys, Here, wanneer hulle die woorde van u mond hoor.

5Hulle moet sing oor die weë van die Here: “Groot is die heerlikheid van die Here.

6Ja, verhewe is die Here, maar nederiges sien Hy raak en hoogmoediges ken Hy van ver af.”

7As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my.

8Die Here self tree vir my in. Here, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 138.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.