Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 138

:
Afrikaans - AFR20
1 Van Dawid. Ek wil U prys met my hele hart; voor die gode wil ek U besing.
2 Ek wil in aanbidding buig na u •heilige •tempel; ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.
3 Die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord. U maak my innerlik sterker.
4 Al die konings van die aarde moet U prys, Here, wanneer hulle die woorde van u mond hoor.
5 Hulle moet sing oor die weë van die Here: “Groot is die heerlikheid van die Here.
6 Ja, verhewe is die Here, maar nederiges sien Hy raak en hoogmoediges ken Hy van ver af.”
7 As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my.
8 Die Here self tree vir my in. Here, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk moet dit nie laat vaar nie!