Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 137

:
Afrikaans - AFR20
1 Aan die riviere van Babel, daar het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink.
2 Aan die rivierwilgers in daardie land het ons ons liere opgehang;
3 want daar het dié wat ons gevange geneem het vir ons die woorde van 'n lied gevra; hulle wat ons weggevoer het, het van ons vreugde verwag: “Sing vir ons een van die Sionsliedere!”
4 Hoe kan ons 'n lied van die Here sing op vreemde grond?
5 As ek jou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan vergeet hoe om te speel.
6 Mag my tong aan my verhemelte kleef, as ek jou nie onthou nie, as ek Jerusalem nie my heel grootste vreugde maak nie.
7 Here, onthou die Edomiete oor die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: “Stroop, stroop haar tot op die fondamente!”
8 Dogter van Babel, gedoem tot verwoesting, gelukkig die een wat jou jou dade vergeld wat jy ons aangedoen het!
9 Gelukkig die een wat jou kinders gryp en verpletter teen 'n rotswand!