Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 136

:
Afrikaans - AFR20
1 Prys die Here, want Hy is goed want vir ewig duur sy troue liefde.
2 Prys die God van die gode want vir ewig duur sy troue liefde.
3 Prys die Heer van die here want vir ewig duur sy troue liefde.
4 Prys Hom wat groot wonders doen, Hom alleen want vir ewig duur sy troue liefde
5 wat met insig die hemel gemaak het want vir ewig duur sy troue liefde
6 wat die aarde oor die waters uitgespan het want vir ewig duur sy troue liefde
7 wat die groot ligte gemaak het want vir ewig duur sy troue liefde
8 die son om te heers in die dag want vir ewig duur sy troue liefde
9 die maan en sterre om te heers in die nag want vir ewig duur sy troue liefde.
10 Prys Hom wat Egipte getref het deur hulle •eersgeborenes want vir ewig duur sy troue liefde
11 en Israel uit hulle midde laat wegtrek het want vir ewig duur sy troue liefde
12 met 'n sterk hand en uitgestrekte arm want vir ewig duur sy troue liefde.
13 Prys Hom wat die Rietsee in twee gesny het want vir ewig duur sy troue liefde
14 en Israel in die middel laat deurtrek het want vir ewig duur sy troue liefde
15 maar die farao en sy leër in die Rietsee afgeskud het want vir ewig duur sy troue liefde.
16 Prys Hom wat sy volk deur die woestyn laat gaan het want vir ewig duur sy troue liefde
17 groot konings verslaan het want vir ewig duur sy troue liefde
18 magtige konings om die lewe gebring het want vir ewig duur sy troue liefde
19 Sihon, die koning van die Amoriete want vir ewig duur sy troue liefde
20 en Og, die koning van Basan want vir ewig duur sy troue liefde.
21 Hy het hulle land as erfdeel gegee want vir ewig duur sy troue liefde
22 as erfdeel aan Israel sy dienskneg want vir ewig duur sy troue liefde
23 Hy wat in ons vernedering aan ons gedink het want vir ewig duur sy troue liefde
24 en ons van ons teenstanders weggeruk het want vir ewig duur sy troue liefde
25 Hy wat kos gee aan alles wat leef want vir ewig duur sy troue liefde.
26 Prys die God van die hemel want vir ewig duur sy troue liefde!