Psalms 136AFR20

1Prys die Here, want Hy is goed – want vir ewig duur sy troue liefde.

2Prys die God van die gode – want vir ewig duur sy troue liefde.

3Prys die Heer van die here – want vir ewig duur sy troue liefde.

4Prys Hom wat groot wonders doen, Hom alleen – want vir ewig duur sy troue liefde –

5wat met insig die hemel gemaak het – want vir ewig duur sy troue liefde –

6wat die aarde oor die waters uitgespan het – want vir ewig duur sy troue liefde –

7wat die groot ligte gemaak het – want vir ewig duur sy troue liefde –

8die son om te heers in die dag – want vir ewig duur sy troue liefde –

9die maan en sterre om te heers in die nag – want vir ewig duur sy troue liefde.

10Prys Hom wat Egipte getref het deur hulle •eersgeborenes – want vir ewig duur sy troue liefde –

11en Israel uit hulle midde laat wegtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde –

12met 'n sterk hand en uitgestrekte arm – want vir ewig duur sy troue liefde.

13Prys Hom wat die Rietsee in twee gesny het – want vir ewig duur sy troue liefde –

14en Israel in die middel laat deurtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde –

15maar die farao en sy leër in die Rietsee afgeskud het – want vir ewig duur sy troue liefde.

16Prys Hom wat sy volk deur die woestyn laat gaan het – want vir ewig duur sy troue liefde –

17groot konings verslaan het – want vir ewig duur sy troue liefde –

18magtige konings om die lewe gebring het – want vir ewig duur sy troue liefde –

19Sihon, die koning van die Amoriete – want vir ewig duur sy troue liefde –

20en Og, die koning van Basan – want vir ewig duur sy troue liefde.

21Hy het hulle land as erfdeel gegee – want vir ewig duur sy troue liefde –

22as erfdeel aan Israel sy dienskneg – want vir ewig duur sy troue liefde –

23Hy wat in ons vernedering aan ons gedink het – want vir ewig duur sy troue liefde –

24en ons van ons teenstanders weggeruk het – want vir ewig duur sy troue liefde –

25Hy wat kos gee aan alles wat leef – want vir ewig duur sy troue liefde.

26Prys die God van die hemel – want vir ewig duur sy troue liefde!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 136.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.