Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 135

:
Afrikaans - AFR20
1 Halleluja! Loof die Naam van die Here! Loof Hom, diensknegte van die Here,
2 wat diens verrig in die huis van die Here, in die voorhowe van die huis van ons God.
3 Loof die Here, want die Here is goed; besing sy Naam, want dit is lieflik;
4 want die Here het Jakob vir Hom uitgekies, Israel as sy persoonlike eiendom.
5 Ja, ek, ek weet dat die Here groot is, dat ons Heer groter is as al die gode.
6 Alles wat die Here behaag, doen Hy in die hemel en op die aarde, in die oseane en alle dieptes.
7 Hy laat stapelwolke opstyg aan die einde van die aarde; Hy maak weerligstrale vir die reën; Hy laat die wind uit sy voorraadkamers vry;
8 Hy wat die •eersgeborenes van Egipte, van mense en diere, getref het.
9 Hy het tekens en wonders in jou midde verrig, Egipte, teen die farao en al sy amptenare,
10 Hy wat baie nasies getref en magtige konings om die lewe gebring het:
11 Sihon, die koning van die Amoriete, Og, die koning van Basan en al die konings van Kanaän.
12 En Hy het hulle land as erfdeel gegee, as 'n erfdeel aan Israel, sy volk.
13 Here, u Naam is vir ewig; Here, u gevierde Naam duur van geslag tot geslag.
14 Want die Here laat reg geskied aan sy volk; oor sy diensknegte ontferm Hy Hom.
15 Die afgode van die nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.
16 Hulle het monde, maar kan nie praat nie, oë, maar kan nie sien nie.
17 Hulle het ore, maar kan nie hoor nie; daar is ook glad nie asem in hulle monde nie.
18 Hulle makers sal net soos hulle word elkeen wat op hulle vertrou.
19 Huis van Israel, prys die Here! Huis van Aäron, prys die Here!
20 Huis van Levi, prys die Here! Wie vir die Here ontsag het, prys die Here!
21 Die Here moet geprys word uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon. Halleluja!