1'n •Pelgrimslied. Van Dawid. Here, my hart is nie hoogmoedig en my oë nie verwaand nie. Ek hou my nie besig met groot dade of wat te wonderbaar is vir my nie.
2Maar ek het my siel tot kalmte en bedaring gebring. Soos 'n kindjie by sy moeder, soos 'n kindjie, is my siel in my.
3Israel, vestig jou hoop op die Here, nou en vir altyd.