Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 130

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here.
2 My Heer, hoor tog my stem, laat u ore aandagtig luister na my smeekbedes.
3 As U sondeskuld toereken, Here my Heer, wie kan dan staande bly?
4 Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.
5 Ek wag op die Here; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop.
6 My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op die môre, ja, wagte op die môre.
7 Israel, vestig jou hoop op die Here; want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome bevryding.
8 Dit is Hy wat Israel bevry van al sy sondeskuld.