Psalms 130AFR20

1'n •Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here.

2My Heer, hoor tog my stem, laat u ore aandagtig luister na my smeekbedes.

3As U sondeskuld toereken, Here – my Heer, wie kan dan staande bly?

4Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.

5Ek wag op die Here; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop.

6My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op die môre, ja, wagte op die môre.

7Israel, vestig jou hoop op die Here; want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome bevryding.

8Dit is Hy wat Israel bevry van al sy sondeskuld.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 130.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.