1'n •Pelgrimslied. Van my jeug af het hulle my dikwels aangeval – laat Israel dit sê –
2van my jeug af het hulle my dikwels aangeval, tog kon hulle nie oor my die oorhand kry nie.
3Ploeërs het oor my rug geploeg, hulle ploegvore lank getrek;
4maar die Here is regverdig – Hy het die goddeloses se toue stukkend gesny.
5Mag almal wat Sion haat, beskaamd staan en terugdeins.
6Mag hulle wees soos gras op dakke, wat verdroog voordat dit uitgetrek word,
7wat nooit die handpalm vul van een wat oes, of die vou van die kleed van een wat gerwe bind nie.
8En mag verbygangers nie sê nie: “Die seën van die Here vir julle; ons seën julle in die Naam van die Here. ”