Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 128

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!
2 Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou.
3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok in die binnekamers van jou huis. Jou kinders is soos olyfboompies om jou tafel.
4 Kyk, so sal die man geseën word wat vir die Here ontsag het.
5 Mag die Here jou seën uit Sion, sodat jy al die dae van jou lewe die goeie van Jerusalem sal geniet,
6 en mag jy jou kinders se kinders sien. Vrede oor Israel!