Psalms 128AFR20

1'n •Pelgrimslied. Gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!

2Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou.

3Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok in die binnekamers van jou huis. Jou kinders is soos olyfboompies om jou tafel.

4Kyk, so sal die man geseën word wat vir die Here ontsag het.

5Mag die Here jou seën uit Sion, sodat jy al die dae van jou lewe die goeie van Jerusalem sal geniet,

6en mag jy jou kinders se kinders sien. Vrede oor Israel!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 128.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.