Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 126

:
Afrikaans - AFR20
1 'n •Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos mense wat droom.
2 Daarna is ons monde met gelag gevul, ons tonge met jubelkrete. Toe is onder die nasies gesê: “Die Here het iets groots gedoen aan hierdie mense.”
3 Die Here het iets groots aan ons gedoen. Ons was verheug.
4 Verander weer ons lot, Here, soos stroombeddings in die Negev.
5 Dié wat met trane saai, sal met jubelkrete maai.
6 Die draer van die saadsak wat loop en huil, sal beslis terugkom met jubelkrete terwyl hy sy gerwe dra.